Praise & Worship

  • Artist Profile
  • Contact
  • Book Artist
  • Watch Latest Video
My aanbiedings is geskoei op die luisterliedjies wat spesifiek fokus op beide Afrikaans en Engelssprekende luisteraars. Ek wil deur my bydraes groter belewenis en medebetrokkenheid tot die Christelike geloof help bewerkstellig deur my musiek.

My presentations are based on listening songs that focus specifically on both Afrikaans and English-speaking listeners. I would like to contribute my experience and greater co-engagement to the Christian faith to help achieve.

BIOGRAPHY
 
Hoe beskryf ek aan julle die bo-natuurlike aanraking van die Here Jesus Christus. ‘n belewenis onverstaanbaar en werkilk onmisbaar. ‘n ervaring wat nie uit geredeneer kan word nie en definetief nie in “detail” op ‘n verstaanbare en verklaarbare manier beskryf word nie.

Maar hierdie ervaring en ontmoeting verander ‘n dood gewone ou se lewe en in ‘n oomblik besef ek Jesus se graf is leeg en ‘n vullende gevoel van vrede en opgewondenheid oorweldig my. Ja die 12 de Mei 2006 verander God my lewe deur my denke te vernuwe en ek besef dat om binne die wil van God te leef die vrede wat alle verstand te bowe gaan oor my hart my en gedagtes heers. 

Ek besef die kragtige werking van die Gees vloei deur gehoorsame mense wat hulle nie skaam vir die Evangelie van God nie, mense wat besef die krag van God redding bring vir die wat glo en die wat nie glo nie. Ek beleef tydens elke bediening die nabyheid van die Here. ‘n beloning wat nie deur geld of enige aardsbesitting gekoop kan word nie.

Nooit weer dieselfde staan ek voor julle en kan ek met oorgawe my gebrokenheid erken en besef dat ek waarlik niks werd is sonder Jesus nie. Nou kry ek hierdie geleentheid om my passie en liefde met julle te deel deur die musiek in my hart.

Mag elke Godgegewe lirieke en wysie neergele, julle harte vul met n salwing van die Allerhoogste. 
Baie dankie aan U Hemelse Vader vir die voorreg om diensbaar te wees vir U koningkryk.
CONTACT INFO
 
 Call 082 552 6897
 
 
 @dewaldgouwsgospel                                                               
 
 
 http://www.dewaldgouws.com/
General manager
Nesta Gouws 082-6776164
 
Press contact
Select Musiek: Wendy van Niekerk 011-7920145
 
Booking agent
nesta@dewaldgouws.co.za